NewsSchools

Nuwe kapteine van die Riebeeckrand-skip

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hulle seniorraad van 2021 tydens 'n spoggerige inhuldigingseremonie aangekondig.

‘n Spoggerige inhuldigingseremonie vir Hoërskool Riebeeckrand se nuut verkose seniorraad van 2021 is op Vrydag, 2 Oktober gehou.

Die bestuurskomitee is ook tydens hierdie geleentheid aangekondig. Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, spog Riebeeckrand graag met hulle uitvoerende bestuur van 2020/2021.

Hulle is:

• Hoofseun: Koketso Sebeka
• Hoofdogter: Devonique Breedt
• Onderhoofseun: Collin da Corte
• Onderhoofdogter: Zené van der Merwe

Die uitvoerende komiteelede is: 

• Ruben Jansen van Rensburg
• Ruman Münz
• Nicola van der Merwe
• Christelle Vosloo

Die hoofseun en hoofdogter wil 2021 ‘n onvergeetlike jaar maak,” het Elzeri gesê, en verduidelik dat dit Devonique se droom is om volgende jaar die skool se visie, missie en waardes uit te leef.

“Sy wil verseker dat al die leerders die geleentheid sal kry om elkeen hul volle potensiaal te bereik.”

Koketso, die hoofseun, wil opmaak vir die tyd en geleenthede wat weens die Covid-19 pandemie verlore gegaan het.

“Hy wil baie geesvangsessies hou en seker maak dat die Raad van 2021 nie vergeet word nie,” het sy vertel.

Sy noem ook dat die Riebeeckrand-familie ‘n eenheid is wat trots is op hul skool. Daarom sien die nuutverkose raad van 2021 daarna uit om hul skool se leuse, beginsels en waardes uit te leef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button