Die kykNET-span verfilm die boogskutters. Foto: Elzeri Wright.
Hoërskool Riebeeckrand was opgewonde toe kykNET onlangs ‘n draai kom maak het.
Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is die skool genader om deel te wees van kykNET Skole se Top 10-program van 2020.
Die kykNET-span verfilm die netbalspelers. Foto: Elzeri Wright.
“In die program kry skole die geleentheid om hulle gunsteling 10 liedjies te kies,” het sy vertel.
Op hul amptelike webwerf het kykNET die volgende oor die program gesê, “Elke week kry ’n skool die kans om sy top-10 musiekvideo’s te versoek en ook ’n bietjie meer te vertel oor sy geskiedenis en tradisies. Ons vind ook uit watter bekendes het al in van die skole se banke gesit en maak kennis met die leerders wat die skool se waardes met trots uitleef voor die kamera.”
Die kykNET-span verfilm die cheerleaders. Foto: Elzeri Wright.
“Die opname was vet pret en die leerders het hul gate uit geniet,” het sy vertel.
Die Riebeeckranders kan nie wag om na die uitsending te kyk nie, en sodra die datum daarvan bekend is, sal Riebeeckrand dit op hulle Facebook-blad aankondig.
Hoërskool Riebeeckrand-leerders het dit terdeë geniet om saam met die kykNET Top 10 Skole-span te werk. Foto: Elzeri Wright.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.