Die hoofleiers van 2020 by die bokse wat hulle geskenk het. Foto: Michelle Roodt.
Laerskool Rapportryer se hoofleiers van 2020 het by 22 huise in Vriendskaptuiste kosbokse afgelaai op Vrydag, 6 November.
Volgens Julanda Olivier, organiseerder van die uitreikprojek, het hulle besluit om die kos te skenk om die bejaardes wat in hierdie tyd swaar gekry het, te help.
Die daar was verskeie soorte kruideniersware in die bokse, en die leiers het koekies vir die soettande saamgestuur.
Julanda het vertel dat Rappies in die derde kwartaal ‘n Omgeekompetisie en -projek gehad het om kos in te samel vir hul minderbevoorregte gesinne.
Die Rappies se harte was weereens oop en daar is voluit gegaan. Die projek was ‘n reuse sukses,” het sy gesĂȘ.
Volgens Julanda is daar soveel kos ingesamel tydens die omgeeprojek dat Rappies ook die bejaardes in die dorp kon help.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.