Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Donderdag, 12 November bymekaar gekom vir hul laaste vergadering en Kersafsluiting vir 2020.
Die dames het ‘n feestelik versierde wortelkoek geniet.
Die dames het die gesellige samesyn by Vredenvlucht-koffiewinkel en deli in Loumarina geniet, waar hulle die jaar afgesluit het deur eers vergadering te hou, en toe ‘n heerlike ontbyt en ‘n feestelik versierde wortelkoek gehad het.
Tersia Herbst en Frances van der Merwe.
Tersia Herbst, skakelbeampte vir die Middelvlei-tak het vertel hoe lekker die dames van die VLU en twee ander gaste dié oggend saam gekuier het.
Molly Wagner en Judie Wagner.
“Dit was ‘n moeilike jaar omdat ons mekaar nie kon sien tydens die grendeltyd nie. Ons bied gewoonlik kreatiewe klasse aan of gaan op lekker uitstappies, maar dit is alles gestop,” het sy vertel.
Die VLU Middelvlei-tak het hulle afsluiting vir 2020 gehad.
Tersia het gesê dat hulle baie uitsien na die nuwe jaar wat voorlê want hulle gaan weer baie leer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.