NewsSchools

Graad 7’s van Ram hou afskeid in die buitelug

Laerskool Randfontein se Graad 7-leerders het hulle afskeid op Vrydag, 13 November met 'n fliekaand op die sportveld geniet.

Die Graad 7-leerders van Laerskool Randfontein het hul jaar op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n fliekaand op die sportveld.

Na ‘n moeilike jaar waartydens soveel dinge nie vir hulle beskore was nie, het die Graad 7’s hul afskeid op Vrydag, 13 November met opgewondenheid geniet.

Elke leerder het springmielies, spookasem, koeldrank en ‘n lekker ontvang en hulself gemaklik gemaak met komberse, kussings en sagte stoele.

“Die eerste fliek waarna hulle gekyk het was Jumanji wat almal se lagspiere geprikkel het. Mevrou Gerber het hierna vir al die leerders ‘glow sticks’ gegee en die veld se ligte laat afsit wat die regte atmosfeer geskep het vir ‘n bangmaakfliek.

Simoné de Beer, Dominique Pretorius, Makayla Engelbrecht en Anneke vd Merwe. Foto: Michelle Roodt.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder het vertel dat Laerskool Randfontein besluit het om wel vir hul Graad 7’s ‘n afskeid in die opelug te hou ten spyte van Covid-19.

Al die inperkingsreëls is in ag geneem en ons het besluit om ‘n fliekaand op die rugbyveld te hou. Mevrou Riekie Gerber was in beheer en het mooi seker gemaak dat almal veilig is terwyl die leerders hulself geniet,” het Annie vertel.

Monique Booysen, Celizia Annendale en Ashley Els. Foto: Annie Nolan.

Al die Graad 7’s is uitgenooi om die feestelikheid by te woon, en Riekie bedank graag almal wat ‘n skenking gedoen het om die aand vir almal moontlik te maak.

Die aand was ‘n reuse sukses en sal vir seker weer in die toekoms aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button