NewsSchools

Rappies se nuwe hoofleiers is …

Laerskool Rapportryer spog met nuwe hoofleiers.

Laerskool Rapportyer spog met hul nuut gekose hoofleiers vir 2021.

Pieter Steenekamp en Imke Visser is as Laerskool Rapportryer se hoofseun en -dogter vir 2021 aangewys en dit is ook spesiaal want Imke se sussie, Hymne Visser wat hoofdogter was vir 2020, het vir haar die titel oorhanding.

Die onderhoofseuns en -dogters vir 2021 is Wian du Plessis, Tyler Verreyne, Kyla Coetzee en Ru-Anne Jenkinson.

Hymne Visser (hoofdogter van 2020) saam haar sussie, Imke Visser (hoofdogter van 2021). Foto: Michelle Roodt.

Magda Swart, leiervoog sê names die skool baie geluk aan al die hoofleiers wat verkies is vir 2021.

“Rappies is baie trots op julle en mag julle jul taak as hoofleiers met waardigheid uitvoer.

Ons weet nie wat 2021 vir ons inhou nie, maar ons weet wie hou 2021 in Sy hand. Gryp die uitdaging aan, bly fier en vasberade en julle sal die vrugte om ‘n puik leier te wees, pluk deur ‘n voorbeeld te stel vir die res van die leerders in ons skool,” het Magda gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button