NewsSchools

Rappies spog met groter musiekskool

'Almal het BMus-grade en goeie ondervinding as musiekonderwysers' – Rappies.

Laerskool Rapportyer spog met ‘n opgegradeerde musiekskool.

Annalien du Plessis, departementshoof van die musiekskool het vertel dat die Departement van Onderwys in 2019 besluit het om die musiekskool vanaf FJL Wells Intermediary School na Laerskool Rapportryer te skuif.

Sy het aanvanklik alleen by Rappies begin om viool, tjello en sang te onderrig maar die leerlinggetalle het bly groei – gevolglik het die musiekskool meer klaskamers benodig.

Na baie beplanning is daar verbeterings en verbouings aangebring aan bestaande strukture, die naskoolsentrum is omskep in drie musiekklasse en die ou kolekamer is nou ‘n musiekstudio,” het Annalien gespog.

Rayno Wagner, een van die studentonderwysers het later begin om kitaargroeplesse te gee, Lizette Furstenberg gee onderrig in klavier, klawerbord en blokfluit, en Carel Nel gee onderrig in kitaar, viool en klavier.

Lizette Furstenberg gee onderrig in tjello. Foto: Michelle Roodt.

“Die musiekonderwysers, wat aangestel is deur die Departement van Onderwys, het almal BMus-grade en goeie ondervinding as musiekonderwysers,” het sy vertel.

Annalien het gesê dat die musiekpersoneel baie opgewonde is oor die nuwe fasiliteite wat in al hul behoeftes voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button