NewsSchools

Riebeeckrand hou akademiese prysuitdeling

Hoërskool Riebeeckrand het 'n akademiese prysuitdeling gehou vir hulle matrikulante.

Hoërskool Riebeeckrand het erkenning gegee aan hul matrikulante tydens ‘n spoggerige akademiese prysuitdeling.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat daar tydens hierdie geleentheid erkenning gegee word aan leerders vir hul harde werk deur die loop van hul matriekjaar. Sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofees is oorhandig en die duxleerder is ook aangekondig.

Wjanik Beneke ontvang lourierkleure vir haar uitmuntende voorlopige gemiddeld van 83,4 persent, en Teodoir van Staden het die Duxleerder-trofee ontvang. Die leerder met die hoogste gemiddelde persentasie van Graad 8 tot 12 ontvang jaarliks dié besondere toekenning.

Hier is die Top 10: 

• 10e: Zné Dreyer
• 9e: Zhuandré Eloff
• 8e: Juané Brits
• 7e: Izaan Rolf
• 6e: Danté Havenga
• 5e: Teodoir van Staden
• 4e: Nadine Greeff
• 3e: Simoné van den Berg
• 2e: Sunica van Wyk
• 1e: Wjanik Beneke

Elzeri het vertel dat die Riebeeckrand-familie ontsettend trots is op al die matrikulante wat so hard gewerk het ten spyte van al die uitdaging wat Covid-19 gebring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button