Neels Jonker van Wicked Wheels, Pieter van der Merwe van Scream MCC, Gert Krog van Naughty by Nature saam met Leon Haupt, hoof van Laerskool Randfontein.
Verskeie motorfietsklubs het vir minderbevoorregte leerders van Laerskool Randfontein verras met geskenke op Vrydag, 27 November.
Die geskenke is ingesamel tydens die West Rand Bikers Association (WRBA) se Santa Run by die Greenhills Sport Stadion op 22 November.
Die geskenke wat die motorfietsklubs oorhandig het. Foto: Michelle Roodt.
Naughty by Nature, Wicked Wheels, Scream en Rudor Rebels Motorfietsklubs het almal ‘n rol gespeel in hierdie inisiatief.
Volgens Ilonka Lourens van Naughty by Nature was dit die agtste jaar wat die motorfietsklubs die skole met geskenke help.
Leon Haupt bedank almal. Foto: Michelle Roodt.
Leon Haupt, hoof van Laerskool Randfontein het al die betrokke motorfietsklubs bedank vir dit wat hulle vir die minderbevoorregte kinders doen.
Die geskenke is op die veld gepak en sal later aan die leerders uitgedeel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.