Laerskool Randfontein het onlangs hulle nuwe leiers vir 2021 aangekondig.
Dian Taljaard en Minette Lombaard is as Laerskool Randfontein se hoofseun en -dogter vir 2021 aangewys.
Die onderhoofseuns en -dogters vir 2021 is Carlo Jacobs, Armand Maartins, Miya van Deventer en Lanica Aspeling.
Annie Nolan, skoolwoordvoerder het vertel dat daar na ‘n deursigtige proses wat aansoeke, bekendstellingstoesprake op video’s en persoonlike onderhoude ingesluit het, 40 leiers gekies is waaruit die hoofleiers verkies is.
Die nuwe groep leiers is tydens ‘n pragseremonie ingehuldig. Hulle het almal ‘n eed afgelê en dit saam met hul ouers onderteken.
Nadat die hoofleiers uiteindelik aangekondig is, het hulle ‘n seremoniële kers aangesteek as deel van hul inhuldiging.
Annie het gespog dat dit ‘n ongelooflike groep leerders is en dat die personeel van Ram groot verwagtinge vir dié leiers het en daarna uitsien om saam met hulle te werk.



