NewsSchools

Ram verwelkom reeds nuwe groep Graad 1’s

Laerskool Randfontein het reeds vroeg in Desember hul nuwe groep Graad 1's vir 2021 verwelkom.

Laerskool Randfontein het op Vrydag, 4 Desember hulle toekomstige Graad 1-leerders verwelkom.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het Ram dit goed gedink om die nuwe 2021 Graad 1-maats reeds vroeg tuis te laat voel.

Die maats het uitgevind in wie se klas hulle volgende jaar gaan wees en watter een van die mooi juffrouens hulle gekry het,” het Annie vertel.

Elke maat het ook by hul juffrou ‘n verwelkomingspakkie en ‘n Ram-liniaal ontvang. In die verwelkomingspakkie was al die inligting wat hulle benodig vir Graad 1.

Die Graad 1-juffrouens vir 2021: Allisha Masser, Annalien Bezuidenhout, Chineque Mulder, Martie Kloppers, Annetjie Erasmus en Lynette le Grange. Foto: Annie Nolan.

Sy het ook vertel dat die GroenGrompie, die skool se klerewinkel oop was vir die aankoop van skoolklere en skryfbehoeftes, en daar is spesiale afslag aan al die nuwe ouers gegee sodat hulle hul kinders in trotse Rammie-klere kan aantrek.

Ram is baie opgewonde oor die groot Graad 1-groep van 2021,” het Annie afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button