Laerskool Randfontein se Gesig van Ram is tydens ‘n prysuitdeling op Maandag, 14 Desember aangekondig.
Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het gesê as gevolg van Covid-19 was dit ongelukkig nie moontlik om ‘n tradisionele Mnr en Mej Ram-kompetisie te hou nie. Daar is toe uit die spreekwoordelike boks gedink en besluit dat die leerders hul foto’s kan inskryf.
Daar was verskillende afdelings naamlik formeel, sport en talent, uniek, slenter en selfie. Selfs die onderwysers kon vir hul eie afdeling inskryf.
Die kompetisie is deur Diane Matthews en Sanrie Nel gereël en die beoordelaars was Richard Haasbroek (Mnr Wes-Rand), Charmain Britz (skoonheidsterapeut) en Annelie Jv Rensburg (redakteur van Vrouekeur) terwyl Dominique Tibbles (Mev Wes-Rand) as gasheer opgetree het,” het Annie gesê.
“Elke wenner het ‘n band, ‘n kroon en ‘n geskenkpakkie ontvang. Dit is deur Doreen Bezuidenhout (Mej Wes-Rand) oorhandig.”

Die wenners in die verskillende afdelings is:
Pre-Primer (Uniek):
• Melienke van der Poel
• Louis du Plessis
• Jaxson Coetzee

Pre-Primer (Slenter):
• Elzané van der Linde
• Jaxson Coetzee
Pre-Primer (Formeel):
• Charlene Joubert

Pre-Primer (Selfie):
• Jaxson Coetzee
Juniors (Uniek):
• Cherise van der Merwe
• Willem du Plessis

Juniors (Selfie):
• Shaylin Potgieter
Juniors (Slenter):
• Shevonne Botma
• Billy Marais

Juniors (Sport en Talent):
• Cherise van der Merwe
• Logan le Roux
Juniors (Formeel):
• Lené Knoetze
• Shaylin Potgieter
• Logan le Roux

Seniors (Uniek):
• Chanté Nel
• Dian Taljaard
Seniors (Selfie):
• Alexia Smyth
• Dian Taljaard

Seniors (Slenter):
• Sharica Bondesio
• Dylan Botha

Seniors (Sport en Talent):
• Minette Lombaard
• Dian Taljaard
Seniors (Formeel):
• Keneisha Coetzee
• Francois Strydom

Onderwysers:
• Danielle Olivier
• Rikus Kruger
• Annie Nolan
• Annetjie Erasmus




