NewsSchools

Groot kosskenkinge danksy Rappies Pre-Primêr

I Dare You Foundation ontvang groot kosskening van Rappies Pre-Primêr.

Die I Dare You Foundation se harte het oorgeloop van blydskap toe hulle ‘n groot kosskenking van Rappies Pre-Primêr ontvang het.

Dit sal vir minderbevoorregte gesinne gebruik word.

Volgens Ilonka Lourens, ‘n stigterslid van die organisasie, het die I Dare You Foundation vir die hoof van Rappies Pre-Primêr, Sonja van Tonder genader om te vra of hulle saam met die skool kos kan insamel vir dié minderbevoorregte mense.

Die skool het Maandag, 18 Januarie met die insameling begin en ons was bevoorreg om die talle kositems op Vrydag, 22 Januarie te gaan oplaai.”

Ilonka het vertel dat elke kleuter gevra is om net een item te bring maar die ouers van Rappies Pre-Primêr het hulle harte oopgemaak en sommige leerders het meer as een item gebring.

“Ons is geseënd en het baie ontvang om die magies van die mense wat ons help, vol te maak.”

Ilonka het gesê dat hulle nou die kospakkies gaan opmaak en dit dan uitdeel vir die mense wat dit regtig nodig het.

“Ons sê graag baie, baie dankie aan elke ouer van die kleuterskool en aan Rappies Pre-Primêr self namens ons by I Dare You Foundation.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button