NewsSchools

Jannas verwelkom nuwe jong adjunkhoof

Die 33-jarige Chris-Juan Ras is opgewonde oor sy nuwe pos as adjunkhoof by Hoërskool Jan Viljoen.

Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde om hulle nuwe adjunkhoof, Chris-Juan Ras, 33, by die Jannas-familie te verwelkom.

Chris-Juan het sy B- en honneursgraad aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom verwerf en vir die afgelope 12 jaar by Glenharvie Combined skoolgehou waar hy onderskeidelik in sy eerste departementele pos asook in ‘n departementshoofpos aangestel is.

Hy het vertel dat dit vir hom die nodige ervaring gegee het om aansoek te doen by Hoërskool Jan Viljoen.

Ek is opgewonde oor hierdie nuwe begin by Jannas en sien daarna uit om ‘n verskil te maak, omdat dit die regte skool daarvoor is.”

Chris-Juan besef dat hy nog eers sy voete moet vind, maar hy is gereed vir sy taak.

“Ek wil die kinders op ‘n holistiese vlak ontwikkel, soos wat Jan Viljoen alreeds doen. Wanneer hulle eendag terugkyk moet hulle kan sê dat hulle gegroei het in die aspekte waarin hulle reeds goed gevaar het, en beter gevaar het in afdelings waarmee hulle voorheen gesukkel het.”

Hy het vertel dat hy passievol is oor sport en kultuur as ‘n geheel, en dit by Jan Viljoen wil verbeter. In 2016 is Chris-Juan by die National Teacher Awards as die Distrikwenner aangewys en het daarna die Distrik by die Gautengse toekennings verteenwoordig waar hy as die nommer een-onderwyser vir laerskoolonderrig in Gauteng aangewys is.

‘n Persoonlike doelwit wat hy het is om eendag ‘n skoolhoof te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button