Hoërskool Jan Viljoen het die voorreg om ses nuwe onderwysers by hulle skool te verwelkom nog voor die nuwe skooljaar begin.
Die nuwe onderwysers is baie opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in hulle lewens.
Hulle is Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner, Gazelle Kylander, Dirkie Marais en Anesta Kloppers.

Heine gaan onderrig gee in Tegniese Wetenskap en Fisiese Wetenskappe, Maruschka gee Sosiale Wetenskappe en Lewensoriëntering, Rayno gee Wiskunde en Lewensoriëntering Sport, Gazelle gee Natuurwetenskap, Dirkie gee Wiskunde Geletterdheid en Lewensoriëntering Sport, en Anesta gee Afrikaans.

Hoërskool Jan Viljoen sien baie daarna uit om die nuwe onderwysers aan die Jannas-leerders voor te stel.



