Amy-Lee Lerm en Daniella Boitumelo. Foto: Michelle Roodt.
Melktandjies Kleuterskool het op Vrydag, 12 Februarie ‘n Valentynsbal gehou om die dag van liefde te vier.
Hartjies, glimlagte asook die kleure rooi en wit was oral. Ballonne het die skool versier en daar het lekker musiek in die agtergrond gespeel ter viering van Valentynsdag.
Patricia Mgcina en Ella Grobler. Foto: Michelle Roodt.
Karin Korf, hoof van Melktandjies Kleuterskool het vertel dat hulle die Valentynsbal gehou het om vir die kleuters te leer van liefde en samesyn.
Die kleuters asook die onderwysers was pragtig geklee in rooi en wit, en ‘n Mnr en Mej Valentyn is gedurende die dag aangewys.
Tiffany Nel lyk te oulik op Valentynsdag. Foto: Michelle Roodt.
Daar was ook ‘n fotohokkie waar foto’s van die kleuters geneem kon word.
Karin bedank graag die personeel wat so hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak.
Jahaziel Steyn en Shezade Present. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.