NewsSchools

Hier om ‘n verskil te maak – nuwe Riebeeckrand-adjunkhoof

Die Riebeeckrand-familie sien daarna uit om 2021 saam met Bernard Esterhuizen, die nuwe adjunkhoof, aan te pak.

Hoërskool Riebeeckrand het hul nuwe adjunkhoof, Bernard Esterhuizen, aan die gemeenskap voorgestel.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is Bernard ‘n onderwyser met ‘n positiewe uitkyk op die lewe en hy pak alles voluit aan.

Hy skeep niks af nie,” het sy gesê.

Sy geheime wapen is sy geordenheid en sy lewensleuse Bless it with your patience.

Elzeri het vertel dat hy ‘n groot passie het vir kinders en rugby, en dat hy baie daarna uitsien om betrokke te raak by Riebeeckrand se rugbyafrigting.

Bernard het sy onderwysloopbaan in 2010 begin en het heelwat kennis van ekonomie, besigheidstudies en RTT. Hy bied ook hierdie vakke aan.

Hy glo dat hy hier geplaas is om ‘n verskil te maak en sien daarna uit om die skool te help groei, wat hy glo sal gebeur as hulle vashou aan hul leuse, naamlik ‘Geanker in geloof’.

Elzeri het vertel dat die Riebeeckrand-familie baie daarna uitsien om 2021 saam met Bernard aan te pak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button