NewsSchools

Kyk ma, ek’s in die grootskool!

Talle Graad 1's het onlangs hulle grootskoolloopbaan by Laerskool Randfontein begin.

Dit is ‘n splinternuwe skooljaar en vir sommige leerders is dit hul eerste keer in grootskool.

Laerskool Randfontein het onlangs hulle graadeentjies verwelkom vir hulle eerste amptelike skooldag.

Zak van Zyl en Nadine Palmer. Foto: Michelle Roodt.

Die nuwe groep Graad 1’s was vroeg reeds by die skool en is by die saal verwelkom deur Leon Haupt, hoof van Laerskool Randfontein waar hy vir hulle hul sporthemde asook hul paspoorte gegee het. Daarna is hulle na hul klasse toe.

Die leerdertjies met hul mooi haarstyle het te spoggerig gelyk in hulle splinternuwe skooldrag.

Die Graad 1’s het gou-gou aan die werk gespring in die klaskamer en met hul splinternuwe grootskool-skryfbehoeftes prentjies ingekleur.

Montinique Horn besig om in te kleur. Foto: Michelle Roodt.

Baie van die leerders wat langs mekaar sit, het selfs reeds maats gemaak, en daar is nie eers een traan gepink omdat hulle weg was van mamma en pappa nie.

Nog fotos hier:

Zemiray Marshall. Foto: Michelle Roodt.
Katlego Bowker en Chantenay Durman. Foto: Michelle Roodt.
Warren Fritz, Chelsea Fritz en Deidrè Fritz. Foto: Michelle Roodt.
David Jonker, Lesedi Jonker en Kelebogile Jonker. Foto: Michelle Roodt.
Renier van der Mescht is reg vir Graad 1. Foto: Michelle Roodt.
Lesedi Jonker en Rogan Nel. Foto: Michelle Roodt.
Juffrou Lynette le Grange saam met Tylah van Heerden. Foto: Michelle Roodt.
Charenè Botha en Renè Botha. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button