Riebeeck — Hoërskool Riebeeckrand het onlangs vyf nuwe onderwysers by die Riebeeckrand-familie verwelkom.
Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het vertel dat hulle nuwe personeel baie daarna uitsien om deel van die skool te wees.
“Hulle wil ‘n verskil maak in elke Riebeeckrander se lewe.”
Nicole Auths gee Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir die Graad 8’s, asook Lewensoriëntering.

Hanno Steenekamp gee English Home Language vir die Graad 8’s, English First Additional Language vir die Graad 9’s, en Lewensoriëntering vir die Graad 10’s. Danjue Neethling gee Tegnologie/Technology vir die Graad 8- en 9-leerders. Surinca Jonker gee Mathematics vir die Graad 8’s en 9’s, en Mariska Jacobs is assistentonderwyser vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en Lewensoriëntering.

Elzeri het vertel dat Hoërskool Riebeeckrand se hoof en beheerliggaam baie opgewonde is om hul personeel weer terug te verwelkom by die skool en hulle sien baie daarna uit om die nuwe skooljaar saam met hulle aan te pak en hoë hoogtes te bereik.



