Local newsNews

Talle visse en prysgelde ingekatrol

Springbok Baits se klublede het gewys wat in hulle steek, ondanks koue toestande tydens hul onlangse kompetisie.

Die lede van die Springbok Baits Sosiale Klub het onlangs hul visstokke gepak en koers gekies na die Vaaldam, waar hulle deelgeneem het aan hul jongste klubkompetisie – en was met groot verwagtinge op die uitkyk vir die dag se kampioenkarp.

Volgens klubvoorsitter Pieter Schemel is die kompetisie op 7 Junie by Biermans gehou, en hy beskryf die dag as ’n groot sukses – vol opwinding, goeie geselskap en natuurlik, mooi vangste.

Robert van Venrooy. Foto ingestuur.

Chrisjan Diederiks het met die dag se grootste karp spoggerig voorgekom en daarmee saam R750 in die sak gesteek.

LEES MEER: FJL Wells starts Afrikaans-improvement programme

Robert van Venrooy het ’n netjiese sak vis opgelewer en is vir sy poging met R160 beloon.

Chrisjan Diederiks en Jessica Dreyer. Foto ingestuur.

Herman Engelbrecht het ook ’n noemenswaardige graskarp van 4.966kg aan wal gebring.

“Dit was ‘n baie moeilik dag gewees, met die koue wat besig was om in te kom, maar nogtans het die hengelaars goed gedoen. Dankie vir die wat hul tyd opoffer vir hierdie lekker sport,” het Pieter afgesluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button