Local news

Soldate vir ‘n goeie doel

God's Army Aanbidding Sentrum se onlangse vlooimark het genoeg fondse ingesamel om drie gesinne te voed.

God’s Army Aanbidding Sentrum het onlangs weer ‘n suksesvolle vlooimark aangebied om fondse in te samel vir die voorbereiding van kospakkies vir minderbevoorregte gesinne.

• Lees ook: Help God’s Army om haweloses te huisves

Stigter van die sentrum, Hennie Marais, het gesê hoewel daar nie baie stalletjies daardie dag was nie, het hulle genoeg fondse ingesamel om drie gesinne te voed.

“Ons het min of meer 23 gesinne wat ons op ‘n gereelde basis help. Ons sal baie keer ook kos uitdeel aan diegene wat op straat is.

Mense dink dikwels as hulle iemand op straat sien dat daardie persoon ‘n verslaafde is, maar daar is baie mense wat sonder ‘n keuse in sulke situasies beland.

“As die gemeenskap net kan saamstaan en help, sal dinge beter gaan,” het hy gesê.

Die sentrum samel ook fondse in om haweloses te huisves.

Die vroue-klerebank.
Die manne-klerebank.

“Ongelukkig het ons nie op hierdie stadium die fondse nie. As die gemeenskap kan inspring, dan sal dit moontlik wees om dit aan te pak,” het hy afgesluit.

Op 4 Mei om 16:00 sal die sentrum nog ‘n geleentheid aanbied waar hulle die gemeenskap sal inlig oor hul planne om haweloses te huisves. Die geleentheid vind by Kingfisherlaan 21 in Helikonpark plaas.

Indien iemand ‘n bydrae wil maak, kontak Hennie by 079 050 5175.

Stigter Hennie Marais.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button