Local news

Met hul hulp is daar ‘n toekoms sonder dwelms

'n Familie-genotdag het nie net gesorg vir 'n prettige dag nie, maar het ook nodige bewusmaking oor dwelmverslawing geskep.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs ’n prettige familie-genotdag aangebied waar inwoners die geleentheid gehad het om ’n sappige skaaptjop op die braai te gooi terwyl hulle die son geniet het.

• Lees ook: ‘Dwelms breek harte’ – dwelmverslaafde

Die sonnige weer het gesorg vir heerlike braaivleis en vriendelike gesigte, terwyl verskeie verkopers hul stalletjies opgerig het. GPF-lede het inwoners hartlik verwelkom en terselfdertyd die geleentheid gebruik om bewusmaking oor dwelmmisbruik te bevorder.

Turn to Eternal Life Bible Ministries het van die dag gebruik gemaak om hul ervaring en kennis oor dwelmverslawing en die gevolge daarvan met die gemeenskap te deel.

Edward en Suné van Schalkwyk van Turn to Eternal Life Bible Ministries.

Voorbidder Rudolph van Staden het verduidelik dat die bediening daarop gemik is om soveel moontlik individue te help.

“Ons stel die mense wat geraak of vasgevang is in verslawing aan God voor.

Ons probeer hulle soveel moontlik in die geloof ondersteun, maar uiteindelik moet hulle self kies om te verander,” het hy gesê.

Pastoor Edward van Schalkwyk het bygevoeg dat hulle ook bewusmaking oor mensehandel doen.

“Ons help nie net dwelmverslaafdes nie, maar ons ondersteun ook hul familielede en kwesbare kinders. Die kind bly ons prioriteit. Ons plaas kinders in veilige omgewings terwyl ons die ouers help met rehabilitasie. As die ouers hul verslawing oorwin, help ons om die familie te versoen,” het hy verduidelik.

Die verskeie produkte wat gebruik word tydens dwelmmisbruik.
Boekies wat uitgedeel word vir mense.
Plakkate oor die verskeie misdaad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button