Local news

Brigadier vier 60 jaar met hart vir diere

Die RandWes DBV was grootliks verras toe Brigadier Kobus Lategan en BCI Sekuriteit ongeveer 400kg se honde- en katkos geskenk het.

Kobus Lategan, wat al 41 jaar in die polisie dien, het besluit om sy 60ste verjaarsdag op ’n besondere en onselfsugtige manier te vier – deur skenkings vir die RandWest DBV in te samel in plaas daarvan om geskenke vir homself te vra.

• Also read: Your bark matters: Attend the SPCA AGM

In samewerking met BCI Sekuriteit het Kobus, ’n brigadier by die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere, sowat 400kg honde- en katkos by die DBV afgelewer.

Ek het ’n groot liefde vir diere en het self twee honde gered. Daarom het ek besluit om te vra dat mense eerder vir my honde- en katkos gee vir my verjaarsdag,” het Kobus opgemerk.

Deelnemers wat tot hierdie liefdadigheidsprojek bygedra het, sluit in sy kollegas by BCI Sekuriteit, die polisie se Duikeenheid, asook Kobus se familie en vriende.

Eienaar van BCI, Corinda Loots, het haar bekommernisse gedeel oor die tekort aan ondersteuning wat die DBV ervaar.

Die personeel van BCI Sekurteit asook die DBV saam met die donasies.

“Ek wil graag hê mense moet deel en ’n bydrae maak tot die DBV. Ons weet dat misdaad hoogty vier, selfs by die DBV. Daarom het ons as sekuriteitsfirma besluit om ook by te dra. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en die DBV te ondersteun,” het sy gesê.

Bestuurder van die RandWest DBV, René van Straten, het met groot opgewondenheid haar dankbaarheid gedeel. Sy was effens geskok om Kobus en BCI Sekuriteit te sien opdaag, maar is aangenaam verras deur hul ruimhartige skenking.

“Dit was ’n baie lekker verrassing en ons is ewig dankbaar. Ons weet hierdie kos sal ons vir ’n lang tyd help,” het René afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button