Schools
Ram verwelkom lente
Laerskool Randfontein het Lentedag verwelkom deur iets aan te trek wat blomme bevat.
Daar is bloeisels aan die bome, blomme gaan oop, die gras raak groen en die voëltjies sing. Die geur van lente is in die lug.
Dit is uiteindelik ‘n nuwe seisoen en die leerders van Laerskool Randfontein was baie opgewonde om Lentedag te vier.
Hulle het op Donderdag, 1 September die lente met ope arms en groot glimlagte verwelkom deur iets met blomme en helder kleure aan te trek.
Almal het te fraai gelyk – die dogters in die pragtigste rokkies het verskeie kleure blomme in hul hare gehad, en die seuns was uitgevat in hul helderkleurige hemde wat hulle uiteindelik na ‘n lang, koue winter kon aantrek.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



