Schools
RAM se eie Reënboognasie vir Erfenisdag
Daar was iets van elke kultuur en Zulus, Voortrekkers, Boere, Skotte en Sothos was die hele skoolterrein vol.
Verskeie kulture is onlangs uitgebeeld toe Laerskool Randfontein hul Erfenisdagvieringe gehou het.
Die leerders het op Vrydag, 23 September al te oulik gelyk in hul uitrustings wat eie aan hul onderskeie kulture was. Daar was iets van elke kultuur en Zulus, Voortrekkers, Boere, Skotte en Sothos was die hele skoolterrein vol.
Almal het regtig baie moeite gedoen en het te pragtig gelyk.
Dit was wonderlik om te sien hoe die hele skool die Reënboognasie met trots uitgebeeld het.










At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



