Little Angels vier Valentynsdag
Die kleuters het ook te pragtig gelyk in hulle klere vir Valentynsdag.
Die kleuters van Little Angels Daycare het op Dinsdag, 14 Februarie die dag van liefde gevier deur pragtige geskenke vir hul mammas en pappas te maak.

Skoolhoof Chevonne Buitendag het vertel dat Mej Tiener Suid-Afrika semifinalis, Khanyisile Mkhakiphi die oggend saam met hulle spandeer het.

“Sy het ons maats gehelp om hulle hande in hart vorme te verf en agter op elke hart het ons die Bybelse vers 1 Johannes 4 vers 19, ‘Ons het lief omdat God ons eerste lief gehad het’ geskryf om die boodskap van liefde deur ons maats en gesinne te verkondig.”

Die kleuters het ook te pragtig gelyk in hulle klere vir Valentynsdag. Daar was ook talle dekor waarmee daar foto’s geneem is om die dag te onthou.

“Ons kinders by Little Angels straal met die mooiste gesiggies en glimlaggies vir Jesus omdat Hy ons anker is.”




