RAM verwelkom twee nuwe onnies
'Ons wil vir hierdie twee briljante onderwysers 'n baie groot welkom gee en glo hulle sal dit baie geniet by RAM' – skoolwoordvoerder.
Laerskool Randfontein skop die tweede kwartaal af met twee nuwe gesigte wat by hul aangesluit het.
Lees ook: Onderwyser pak Two Oceans

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat hul baie opgewonde is om hierdie twee nuwe onderwysers deel van die RAM-familie te maak.
Lees ook: Meestersgraad vir Rappies-onderwyser
Anne-Marie Moolman is nuut by die graad 3’s. Sy is weer terug in die land nadat sy vir drie jaar skool gehou het in Namibië. Marietjie Nel is ‘n splinternuwe gesig by die graad RR-leerders, en voordat sy begin skoolhou was sy ‘n boervrou op die plaas.
“Ons wil vir hierdie twee briljante onderwysers ‘n baie groot welkom gee en glo hulle sal dit baie geniet by RAM,” het Annie vertel.



