Opinion

Dankie vir ‘n puik Gala-aand

Dit sit nie in enigiemand se broek om dié klas van liefdadigheidswerk te doen nie.

• Susan Forster van Randfontein skryf:

Ek het die afgelope paar maande gehoor almal praat van die Mej Adonia Angels gala-aand wat glo ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender is.

Ek het besluit om die geleentheid by te woon en te gaan kyk waaroor die bohaai gaan.

Was ek nou verbaas met die puik beplanning wat gemaak is om dié geleentheid aan te bied.

Eerstens het al die deelnemers pragtig gelyk en het my skoon laat verlang na my jonger dae en om alles te kroon was almal by die gellentheid baie vriendelik en bedagsaam.

Ek het die aand werklik geniet en sien uit daarna om volgende jaar se Mej Adonia Angels Gala-aand by te woon.

Behalwe vir die feit dat dit so pragtige geleentheid was, is die doel van die projek vir my so kosbaar.

Dit is hartroerend om te sien dat daar nog mense is wat die belange van Randfontein se senior burgers op die hart dra.

Die wenners van die geleentheid sal glo baie liefdadigheidswerk vir bejaardes doen.

Ek haal my hoed vir dié meisies af.

Dit sit nie in enigiemand se broek om dié klas van liefdadigheidswerk te doen nie.

Julle het pragtig gelyk en ek glo dat die wenners van die kompetisie nog berge vir ons bejaardes gaan versit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button