Waarvoor staan jou huis van aanbidding?
Ek smeek en pleit by julle, doen bietjie moeite en gaan ondersoek jou huis van aanbidding.

Waarvoor staan jou huis van aanbidding (geloofsverklaring).
Eerstens val ek niemand se geloof of huis van aanbidding (kerk) aan nie of dit waarin jy glo nie. Ek skryf dié uit ondervinding uit want ek was deur dit. Ons erf so te sê ons ouers se geloof – want my ouma was in die (kerk) huis van aanbidding geloof.
So is my ouers ook, en so moet ek ook wees want jy word groot in die geloofhuis van aanbidding (kerk). Het ons al regtig die moeite gedoen om uit te vind? Vir wat staan dit? Ons erf dit en ons glo dit is reg want ons is so geleer.
Hoeveel van ons doen regtig die moeite om agter die waarheid te kom? Dit is soos met die stemmery wat op kom. Jy is nou mooi groot, so jy gaan eers mooi uitvind waarvoor die party staan voor jy net vir hulle gaan stem.
Is dit nie ook reg dat ons dieselfde besluit doen met ons geloofhuis van aanbidding, die kerk nie? Ons as mens is so gemaklik in ons gemaksone dat ons nie eers daaraan wil dink nie.
Ons is vinnig om op Google te gaan en goed te soek. Doen ’n bietjie die moeite en begin wyer dink. Ons is nie poppe wat aan toutjies hang nie, en mense sê ons nie voor nie. Neem jy die besluit en gaan kyk self.
Ons kan nie ander die skuld gee as ons nie die moeite wil doen nie. Mense, ons is reeds in genadetyd.
Ek smeek en pleit by julle, doen ’n bietjie moeite en gaan ondersoek jou huis van aanbidding (kerk) se geloofsverklaring en vra Koning Jesus om jou te lei, die waarheid te openbaar aan jou.
Al is dié boodskap vir net een persoon, dan sê ek dankie Jesus. Johannes 8:32 sê: En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.
Die kennis van die waarheid sal jou vry maak. Ek bid dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees wat dié lees. En weet Jesus het jou so lief. Jy is kosbaar en uniek en moet nooit voel jy het te veel sonde of foute nie, of dat jy te vêr teruggeval het nie. Ons almal het sondes en foute. Uit genade is ons gered, nie deur ons werke nie.
Seëninge vir almal.



