Opinion

Ons vrees die ‘Twisappelboom’

Ons sit nou met die gebakte pere, turksvye en twisappels uit die vrugtelose Boom van Goed en Kwaad.

Die ‘Twisappelboom’ op die hoek van Diamant- en Plakkiestraat waar ek woon, het uiteindelik na alle verwagtinge oorgehel en massiewe skade aangerig aan die huishouding van die naburige Rabie-gesin.

In dankbaarheid was daar geen noodlottige beserings of lewensverlies nie, slegs voorsiene skadeberokkening.

Die omliggende inwoners hier leef in vrees op winderige dae wanneer die vernielsugtige boom sy spiere begin bult. Die afgelope 30 jaar het die boom gestaan en dreig om toe te slaan en het selfs struwelinge onder die Couzyn-gesin (oom Mike Bonser) en die Steyns (oom Kiepie die saxofoonblaser) ‘aangeblaas’.

Die onruswekkende boom kan meters ver gesien word en grens aan die taxistaanplek en waterdreinering wat nou ondeurdringbaar is. Die boom se wortelloop is onder verdenking.

Vroeër was dit die afkoelplek wat die gestorwe huiseienaars aan die lafenissoekende taxiryers verskaf het.

Die EFF probeer nou om politieke munt uit die chaos te slaan om stemme te werf.

Die opgeblase EFF het beloof om met ‘n hyser en masjinerie die vernielsugtige boom met wortel en tak uit die oog te verwyder. ‘n Verkiesingsreklame-foefie …

Inwoners van Toekies word deur Enrique Bhana van Wawa gemaan om oordeelkundig te stem om ons van alle beslommernisse te bevry.

Die boom is al male sonder tal aan owerhede gerapporteer sonder enige terugvoering. Ons sit nou met die gebakte pere, turksvye en twisappels uit die vrugtelose Boom van Goed en Kwaad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button