Opinion

Vir dié wat op die broodlyn lewe

Hierdie kan regtig van groot verligting wees – raadslid Sina Erasmus.

Graag nooi ek diegene met ‘n totale inkomste van R4 000 en minder om by die Plaaslike Raad aansoek te doen om as hulpbehoewend geklassifiseer te word.

Daar is baie inwoners wat op die broodlyn lewe en hierdie hulp kan regtig groot verligting bring.

Kontak my, Sina Erasmus by 084 580 5105 of vir u plaaslike raadslid, of doen aansoek by die Stadsraad se Indigent-kantoor.

Die volgende dokumente is nodig:

• Maandelikse bankstaat en staat van Sassa

• ‘n Gesertifiseerde kopie van ID

• Gesertifiseerde huweliks- of doodsertifikate

• Water-en-ligte-dokumente

• Strokie van kragboks met meter se nommer op

• Beëdigde verklaring van inkomste

As u vir bogenoemde kwalifiseer, kry u die volgende van die Raad:

• Gratis erfbelasting indien die eiendom se waardasie R500 000 en minder is. As dit meer is, betaal u dan pro rata

• Gratis vullisverwydering

• Gratis riolering

• Gratis 6kl water

• Gratis 50kW krag

• Begrafnisvoordele

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button