Opinion

Op soek na ooggetuies

Hy het my Renault Kwid stadig agteruit gestoot.

• Erika Rowles skryf:

Ek vra asseblief hulp. Ek was op Maandag, 3 Junie op pad na my 6.30vm afspraak.

Ons het by ‘n verkeerslig in Jakarandastraat gewag vir ‘n groen lig om regs in Van Riebeecklaan (R41) in te kon draai.

Voor my was ‘n trok wat begin agteruitry het. Sy reverse-ligte was aan en die trok het die piep-piep-geluid gemaak.

Ek het hom sien agtertoe beweeg en begin toet en ligte flikker, maar hy het bly kom. Hy het my Renault Kwid stadig agteruit gestoot en ek het rem getrap. Agter my was ‘n maroenkleurige voertuig en ek was bang hy stoot my in die voertuig in.

Ek was besig om uit te klim toe die verkeerslig groen oorslaan. Die trok het begin wegry. Ek het in my voertuig gespring en agter hom aangery. Ek het ligte geflikker en getoet, maar hy het net bly ry.

Ek kon hom eers stop nadat hy by Stubbsstraat regs gedraai het. Ek sal dit op prys stel as ooggetuies van die voorval my asseblief by 079 877 8385 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button