Maak julle toekomstige kriminele groot?
Moet die ouers wat elke keer moet opdok maar so aanhou totdat elke kind in die skool klere het en die gesteel kan ophou?

Ek wil ‘n klip in die bos gooi en kyk wat spring uit.
My vraag is: Is ouers en onderwysers besig om toekomstige kriminele groot te maak?
Hoekom vra ek?
1. ‘n Onskuldige kind moet op kamera erken dat hy ‘n pen gesteel het maar eintlik het die kind die pen opgetel en wou dit vir die onderwyser teruggee.
2. … maar onderwysers sowel as die skoolhoof trek hul skouers op as ‘n kind se baadjie herhaaldelik gesteel word (‘n vyfde keer).
3. Watter tipe ouer kom nie agter dat die baadjie waarmee sy kind by die huis kom, nie sy kind s’n is nie?
4. Watter tipe ouer sien dit en los dit maar? Kry ‘n duur baadjie verniet. Dis mos hoe dit gaan. Occupation without compensation.
So … wat leer ons ons kinders?
1. Dis OK as jou goed gesteel word, jou ouers koop maar weer.
2. Dis OK om te steel, niks sal gebeur nie.
My tweede vraag is: Moet die ouers wat elke keer moet opdok maar so aanhou totdat elke kind in die skool klere het en die gesteel kan ophou?
Ja, dit is jou kind se verantwoordelikheid om sy goed op te pas. Maar wat gedoen as jou kind sy deel doen, maar dan word dit maar in elke geval gesteel?
Ek vra maar net …



