
Thembi Kgatlane, ons eie trots en ‘Teiner’ van Mohlakeng het, ongeag die Banyana Banyana Wêreldbeker-nederlaag, die vlag van Randfontein internasionaal laat wapper en ons stempel op die wêreldkaart afgedruk.
Op rekord het sy, nes Simpiwe Tsabalala van die Chiefs, die eerste doel vir die tuisspan in die Wêreldbeker vir vroue teen die wêreldsokkerreus, Spanje, in hul openingswedstryd aangeteken.
Wat sê die straatsokkerspelers nou wat sy en Enrique Bhana (WAWA) onlangs so ernstig by die ‘vierhoeke’ aangespreek het?
As vroeëre straatspeler het sy haar tydgenote gemaan om weg te beweeg van die strate en erkenning te kry by sokkerliggame.
Waar’s my ontslape vrinne Patrick Ace Ntsoelengoe, Peter Bra Kid Mfolo – erkende meestertrompetblaser van Sarafina – en Bra Hugh Masakela?
Ons sou haar beslis persoonlik vereer het, nes in die geval van die legendariese grondkind Donald Ace Khuse.
Welgedaan Thembi.
Jy verdien ‘n Teiner van die Jaar-toekenning!



