Opinion

Roekeloosheid, onverantwoordelikheid op ons paaie onaanvaarbaar

Ons kan van die veiligste bestuurders in die land word as almal net saam werk en doen wat hulle moet doen.

Die roekelose en onverantwoordelike optrede van sommige motoriste op ons land se paaie is afgryslik en onaanvaarbaar.

Ek wil hier klem lê op ons dorpie, nabye gebiede en woonbuurte.

Ek stem saam, dit kan nie geduld word nie. Ek’s ook sonder twyfel 100 persent gekant teen die feit dat sommige van hulle onnodig die spoedgrense oorskry, onder die invloed van alkohol ry, en nie padtekens en reëls erken en daarby hou nie.

Moet sê, ek’s self nou en dan skuldig aan bogenoemde.

Wat my laat kopkrap is die feit dat wetstoepassers verkies om wegkruipertjie te speel en sodoende niksvermoedende motoriste te vang, in plaas daarvan om te alle tye sigbaar te wees, veiligheid te verseker, en met motoriste ‘n goeie verstandhouding te hê, vriendelik te wees en te kommunikeer. Hulle kan ook net seker maak dat die respek behoue bly en nie té vriendelik wees nie.

Ons padinfrastruktuur is ‘n groot gemors. Die helfte van die tyd werk die meeste verkeersligte nie, daar is slaggate, en te min of misleidende kennisgewingsborde dra by tot die frustrasie van motoriste. Of soos sommige metropolisie-amptenare sê: “Jy moet nie jou probleem hulle s’n maak nie …”

Voor hulle ‘n kaartjie uitskryf kan hulle eers na rede luister. Nie almal van ons ry rond met ‘n ekstra noot vir omkoop nie. Glo my vry, nie ‘n enkele een verlaat sy of haar huis in die oggend met die doel om oor ‘n rooi verkeerslig te ry nie. Daar is altyd ‘n rede, sommige buite ons beheer. Wens die manne kan net luister en probeer verstaan.

Wetstoepassers (sommige van hulle) is op ‘n manier besig om die situasie uit te buit. Verstaan my ook mooi, daar is wetstoepassers wat volgens die boek en altyd die regte ding doen. Ek salueer hulle.

In plaas van ‘n alreeds kwesbare en sensitiewe volk altyd verkeerd te wil bewys, hoekom nie eerder saam met die leiers ‘n plan van aksie uitwerk oor wat gedoen kan word om die toestand van ons paaie te verbeter nie, terug kom en dan die wet toe te pas.

Ons kan van die veiligste bestuurders in die land word as almal net saam werk en doen wat hulle moet doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button