Opinion

Hier gaan die lawaai alweer!

Sondae is vir Rus en vrede, nie vir 'n gesuip, rondval en harde musiek nie.

Daar is al hoeveel keer gekla oor die tavernes en sjebeens hier in Westonaria wat nie die wette toepas nie.

My probleem is dat die wette in Randfontein toegepas word. Daar speel hulle nie oorverdowende musiek nie, veral nie van vroegoggend op ‘n Sondag tot vroegoggend op ‘n Maandag nie.

As ons onder die Randfontein-munisipaliteit val, kan hulle nie iets doen aan die situasie in Westonaria nie?

Jy kan by Westonaria-munisipaliteit en die polisie kla, maar niks word daaraan gedoen nie.

Daar het ‘n nuwe kuierplek by Westonaria se taxistaanplek oopgemaak wat op ‘n Sondag reeds van 6vm af hul musiek so hard speel dat jy 12 blokke verder die woorde kan saamsing. En om als erger te maak gaan dit die hele dag so aan tot Maandag 4vm.

Jy kan nie lewe met die geraas nie. Het hierdie plekke lisensies?

Soos dit vir my lyk kan jy in Westonaria nou op enige straathoek ‘n besigheid oopmaak en doen wat jy wil sonder enige nagevolge!

Kan iemand asseblief intree en ondersoek instel? Kan iets hier gedoen word om sulke plekke te stop en die reëls en regulasies toe te pas?

Sondae is vir rus en vrede, nie vir ‘n gesuip, rondval en harde musiek nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button