Opinion

Enige raad sal waardeer word

My geld is gevat en nou sit ek sonder diens.

Ek het huis gekoop en die registrasie is deur. Ek het op 18 Julie my water-en-ligte-aansluiting gaan betaal.

Tot en met vandag is daar nog absoluut niks aan my rekening gedoen nie. Die verskoning wat ek van die werkers kry is dat die rekening aan die Aktekantoor nie betaal is nie en dat hulle ongelukkig nie aanlyn kan gaan om dit te finaliseer nie.

Ek bel elke dag sedert 18 Julie en dit is al verskoning wat ek kry.

Daar word nie gereageer op my boodskap wat ek op die webblad geplaas het nie en die munisipale bestuurder skakel my ook nie terug nie.

My geld is gevat en nou sit ek sonder diens. Enige raad oor hoe ek die probleem kan oplos? Ek weet nie hoeveel mense met dieselfde probleem as ek sit nie.

Enige raad sal waardeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button