Opinion

Dankie aan almal wat Pieter gehelp het

Dankie vir sy baas, Herman Coetzee en Gerald King vir alles wat julle vir Pieter gedoen het.

Ek wil net baie dankie sê aan almal wat vir Pieter Potgieter tydens sy skietongeluk op 27 Augustus gehelp het.

Hy is werksaam by Mapogo. Dankie vir sy baas, Herman Coetzee en Gerald King vir alles wat julle vir Pieter gedoen het. Ons as familie waardeer dit opreg. ER24 wat hom so mooi gehelp en bystaan het, julle is puik! Ons waardeer dit opreg.

Mnr Coetzee, mnr King en kollegas, julle is puik. Mapogo, gaan so voort. Baie dankie vir die vervoer wat julle vir sy vrou gereël het om by die hospitaal te kom.

Baie dankie aan al die mediese personeel van Milpark-hospitaal vir alles wat julle vir my seun gedoen het en so mooi na hom gekyk het. Ook aan al die dokters wat na hom gekyk het, dankie vir die omgee.

Pieter is buite gevaar en sterk baie goed aan in die hospitaal.

Dankie, Tersia, vir dit wat jy vir Pieter doen.

Dankie aan al die familie, vriende en kollegas wat vir hom gebid het. Die Here sal julle almal seën. Ook vir die mense wat ek nie ken nie, baie dankie vir die gebede.

Ons waardeer dit opreg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button