Opinion

Ter wille van herstelling

Waarom nie 'n dak span oor die munisipale chaos om die groente- en bandestraathandelaars langs die oorleefde biblioteek te huisves in ruil vir opknapping, instandhouding en diensverskaffing nie?

In die lig van vele afgesaagde korrespondensie in die Herald rondom die seeroog geruïneerde huurkantoor, vergun my graag in lojaliteitinwonerskap en waarneming die volgende voorlegging aan die saamgestelde Rand-Wes Munisipaliteit.

Waarom nie ‘n dak span oor die munisipale chaos om die groente- en bandestraathandelaars langs die oorleefde biblioteek te huisves in ruil vir opknapping, instandhouding en diensverskaffing nie?

Geen elektrisiteit word hier benodig nie; slegs watertoevloei en ‘n openbare toilet vir algemene gebruik. Dit sal beslis die omgewing verfraai en die inwoners verbly aangesien sommige van hulle langs muurskuilings ontlas.

Selfs die braaifasiliteite voor die slaghuis kan hierheen verskuif waar sierbome en sitplekke onder die genadelose Afrika-son nutteloos staan en wag vir entrepreneurskap.

‘n Motorwassery moet nie uit die oog verloor word nie. Die algemene omgewing rondom die biblioteek en sakesentrum is opmerklik die vuilste gebied in Toekies terwyl die grasbesaaide siersteenloopvlakke nie versorg word nie.

‘n Geldelike vermorsing. Gee tog ag, ter wille van herstelling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button