Opinion

Beslis die hoogtepunt van die jaar!

Deur barmhartigheid sal ons oorwin, Pastoor.

Die Herald het onlangs berig oor die tragiese algehele uitbranding van Oom Willem Kaalse en sy skoonseun Sherwell Martin se huishouding op die hoek van Oranjerivier- en Plumstraat in Toekomsrus.

‘n Engel van die Here, pastoor Alfred Mochubela van die Emmanuel New Life Centre het in opregte Christenskap hulle weer laat asemhaal en ‘n dak oor hulle koppe voorsien. Prys die Here!

Treurig het Sherwell genoem dat niemand in die gemeenskap hom wou bystaan nie en moes hy swerwend verblyf huur by sekere barmhartige Samaritane.

Pastoor Alfred, ‘n medewerker van my tye gelede onder die Telkom-kontrak, is my medebroeder en het al tydens my besoek aan sy huis vir my die ontstellende video This is what you see when you die gewys.

Ek sou graag in dankbaarheid ‘n musikale bydrae aan sy kerk wou lewer; as God wil! ‘Ella’ het altyd in ons voertuig aangedring op geestelike musiek en deur hom het ons wonderbaarlik by ‘n vulstasie sonder brandstof gaan staan …?

Deur barmhartigheid sal ons oorwin, Pastoor.

Beslis die hoogtepunt van die jaar!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button