Opinion

Wie is nou die ‘sondaars’ in die verhaal?

Na die wettiging van dagga, skuil verskaffers met sakke - sakke vol van die sogenaamde 'lewensboom' agter elke kaki-bos terwyl daar nou nuwe bepalings en voorwaardes na vore getree het.

Aldus die gerugte wat die rondte doen, heers daar ‘n moewiese verwarring, haarklowery en vingerwysery rondom die private gebruik van dagga, en tuisbrouerye soos skelmgemmer, pynappelbier en ‘skomfaan’ wat nou die drankmark oorheers. Die taverne-eienaars is verstaanbaar hewig ontstoke aangesien dit hulle verkope vertraag het, sien?

Na die wettiging van dagga, skuil verskaffers met sakkevol van die sogenaamde ‘lewensboom’ agter elke kakiebos terwyl daar nou nuwe bepalings en voorwaardes na vore getree het.

Die konstitusionele hof het homself in die voet geskiet, en selfs die patrolliedienste is verward aangesien die bedryfwers aandring dat hulle onteenseglik hul bestanddele wettig by die boetas se snoepwinkels aangekoop het en nie geplunder het nie.

Wie is nou die ‘sondaars’ in die verhaal?

Wat die inwoners beduiwel is die vlaag van motor- en huisinbrake, openbare dobbelskole, waterpyprokery en diefstal, terwyl die SAPD hulle ontwykend en gerieflik steur aan onbenullighede soos onwettige sigarette en genoemde kwekerye.

Alles verbeelde gevare!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button