Opinion

BRIEF: Hoekom stop motoriste nie meer nie?

Kom ons hou Randfontein skoon en veilig!

• Gehoorsame motoris skryf:

Liewe Randfonteiners …

Daar is iets wat my hewig ontstel en ek dink baie mense voel dieselfde.

Wat het veroorsaak dat meeste motoriste nie meer stop by stoptekens of verkeersligte nie?

Meer as 80 persent van motoriste doen dit nie. Dis nie net taxi’s, klein- of 4×4-voertuie nie. Nee! Dis almal en as jy stop word jy gevloek want hulle is haastig.

Die owerhede self doen niks daaraan nie. Hulle doen dieselfde!

As die owerhede stywe boetes gee gaan die padveiligheid verbeter en die koffers van die bankrot munisipaliteite kan ‘n hupstoot kry. (Waar is ons verkeersamptenare?)

Kom ons hou Randfontein skoon en veilig!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button