Opinion

OPINIE: Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate

Ongewenste minderjarige swangerskappe, alkohol- en dwelmmisbruik word aan Covid-19 en die Delta-variante toegeskryf.

• Desmond Dickson skryf:

Plagiaties gesteel van die self-lewensbeëindigde Johannes Kerkorrel van die ontbinde Gereformeerde Blues Band: “Gee, Gee, Gee … Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate … Gee net jou hart vir Hillbrow (Toekies)”.

Ongewenste minderjarige swangerskappe, alkohol- en dwelmmisbruik word aan Covid-19 en die Delta-variante toegeskryf.

Tienerdogters word deur pensioenarisse soos redelose slagdiere na drinkplekke weggelok om in hul doelwitte te slaag.

Die onvermydelike tuiswerkende Enrique Bhana van WAWA het ouers gemaan om Godsmoontlik tieners weg te hou van sodanige plekke waar geld wat stom is harder praat as aangeklamdes.

Hy betreur die afwisselende skoolbywoning deur leerders en dit laat gekwelde ouers met hul hande in die hare betreffend skoolgelde, vervoerreëlings, algehele tuiswerke en ontbrekende sportaktiwiteite. Dalk sal die komende plaaslike verkiesing die bordjies verhang. Deur wie? Waar? Wanneer en waaroor?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button