Opinion

BRIEF: Sterk optrede nodig om vroue en kinders te beskerm

'Die vrou se stem moet gehoor word. So nie het Vouemaand, wat so ywerig gevier word, geen doel nie' – VF Plus.

• Amanda de Lange, VF Plus-LPW: Gauteng skryf:

Die VF Plus in Gauteng sal nie langer stilbly oor die geweld teenoor vroue en kinders nie. Dit is daarom nodig om te weet waarom gesinsgeweldsake sloer, skuldiges vrygespreek word en daar min of geen hulp vir slagoffers is nie.

Lees ook: LETTER: We need to protect and defend women at all costs

Die VF Plus het tydens ‘n Vrouedag-ontbytgeleentheid wat die speaker van die Gautengse wetgewer aangebied het, gesê dit is uiters moeilik vir vroue om trauma te verwerk wanneer hulpmiddels en ‘n ondersteuningsnetwerk ontbreek.

Die emosionele letsels wat agtergelaat word, is in baie gevalle groter as ‘n liggaamlike besering.

Gebroke vroue het soveel meer nodig in ‘n stukkende wêreld waar ondersteuningstelsels ontbreek. Die regering moet opstaan en luister na die hulproep van vroue.

Die VF Plus het organisasies aangemoedig om na vore te tree om mishandelde vroue by te staan. Die huidige generasie moet ook onderrig word in die voorkoming van geweld teenoor vroue en kinders.

Die vrou se stem moet gehoor word. So nie het Vouemaand, wat so ywerig gevier word, geen doel nie.

Lees ook: Women’sMonth: Westonaria cops lead march against violence

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button