Sport
Pret en plesier by Teine Jeug se eindjaarfunksie
Rugbyspelers en hul gesinne het die jaar afgesluit met 'n prettige boeresport en braaidag tydens Randfontein Jeug Rugbyklub se jaareindfunksie.
Randfontein Jeug Rugbyklub het 2024 afgesluit met ‘n prettige jaareindfunksie.
Die dag het begin met ‘n verwelkoming en opening met gebed, gevolg deur dank en ‘n oorsig van wat gedurende die seisoen gebeur het. Daarna het die uitdeel van pryse vir spelers begin.
Die beste speler van die o6-span tot en met die o16’s het ook medaljes ontvang. Verskeie ander spelers het ook pryse ontvang.
Mufasa, die Goue Leeus-rugbyspan se gelukbringer, het ook die geleentheid bygewoon en die skare vermaak.
Die dag is dus afgesluit met ‘n braai, boeresport, springkastele en raakrugby.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.