RAM se afrigter skiet kolskoot in Namibië
RAM se boogskietafrigter, Annie Nolan, het haar merk in Namibië gemaak toe sy saam met die Suid-Afrikaanse Volwasse Boogskietspan deelgeneem en eerste plek behaal het.
Annie Nolan, boogskietafrigter vir beide Laerskool Randfontein en Hoërskool Bastion, het onlangs haar talente in Namibië ten toon gestel as deel van die Suid-Afrikaanse Volwasse Boogskietspan.
Sy vertel die span het bestaan uit 16 skuts van regoor Suid-Afrika, saam met ’n spanbestuurder en afrigter. Hulle het in Walvisbaai deelgeneem en die eerste plek behaal in beide die kolskoot- en 3D Diere-afdelings, asook die algehele eerste plek. Dit is die sesde agtereenvolgende jaar dat hulle die goue medalje huis toe bring.

Annie is reeds vir die sesde jaar as spanbestuurder, baanbeampte én baanmeester van die span aangewys.
Hulle het teen spanne van Botswana, Kanada, Zambië, Zimbabwe en Namibië deelgeneem.



