Sport

Springbok inspireer 2kies Rugbyklub se jong talent

Die opgewondenheid was tasbaar tydens Elton Jantjies se besoek aan 2kies Rugbyklub, waar hy die spelers se vaardighede verbeter het vir hul komende wedstryde.

Bekende Springbok-rugbyspeler Elton Jantjies het 2kies Rugbyklub, voorheen bekend as Faygee Boys, besoek om sy kennis tydens ’n rugbykliniek met die volgende generasie te deel.

2kies Rugbyklub se stigter en afrigter, Fabian Wilson, het gesê die idee vir Elton se besoek het gekom van Donovan Kroet, hoofafrigter van krieket by Hoërskool Monument en voormalige inwoner van Toekomsrus. Hy is ook betrokke by Goue Leeus-krieket, terwyl Elton by Goue Leeus-rugby betrokke is.

Fabian het gesê hy hoop die rugbykliniek leer die seuns die nodige tegnieke en vaardighede. Volgende jaar beoog hulle om aan ligas deel te neem, en hy hoop die spelers sal die vaardighede toepas, ook in hul opkomende wedstryd op 20 September.

• Lees meer hier: New gear, new confidence for Faygee Boys

Ettienne Viljoen, Keanu Louw en Noddean Hammond. Foto: Chanté Bolton

Donovan het gesê hy en Elton ken mekaar al lank. Afkomstig van Toekomsrus, het hy gevoel hy is in ’n bevoorregte posisie om uit te reik na die gemeenskap en Elton gevra om die seuns te besoek.

“Hier is baie talent in Toekomsrus. Ons hoop ook om die volgende Springbok of Protea hier te vind,” het Donovan gesê.

Elton het genoem dit was sy eerste uitreik na die gemeenskap. Van Graaff-Reinett afkomstig, lê klein gemeenskappe hom na aan die hart.

“Dit is iets wat altyd na aan my hart was. As ek een lewe deur rugby kan verander, sal dit iets beteken,” het Elton gesê. Hy hoop ook om weer terug te kom en die gemeenskap te besoek.

2kies Rugbyklub se bestuurslede. Foto: Chanté Bolton

Logan Wilson, mede-stigter van die klub, het bygevoeg hy hoop die spelers geniet die dag. Die doel van die klub is om die seuns van die strate af te kry, en hulle hoop die seuns voel hier is waar hulle behoort.

“As ons een kind uit dwelms en geweld kan kry, sal dit iets beteken,” het Logan gesê.

Een van die borge het ook 40 kaartjies geskenk sodat die spelers die Goue Leeus se wedstryd kan bywoon. Sy het verder al die borge wat die dag moontlik gemaak het bedank, insluitend Recklessbear vir die uitrustings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button