News

Danie Odendaal vervaardiger van 7de Laan oorlede

Danie Odendaal (77), veelbekroonde vervaardiger van gewilde sepies soos 7de Laan en Egoli: Plek van goud, is oorlede.

Die 77-jarige Danie Odendaal, die veelbekroonde vervaardiger van gewilde sepies soos 7de Laan en Egoli: Plek van goud, is oorlede.

Volgens berigte is Odendaal Woensdagaand in Langebaan dood, maar die oorsaak van sy dood is nie bekend nie.

Odendaal het in 2019 in Frankryk in ‘n hospitaal aangesterk nadat hy ‘n beroerte gekry het.

Hy en sy vrou Annie Basson besit ‘n huis in Frankryk.

Basson is bekend om haar werk agter die skerms by 7de Laan en is onder meer vervaardiger van die minireeks Daisy (oor die gifmoordenaar Daisy de Melkder) en die enkeldrama Uitdraai.

Lees ook: Len Cloete shooting: After almost three years, no conviction or conclusion of case

In ander nuus, die Tshwane metro sê die stad sal ingrypings toepas om te verseker dat kragonderbrekings verminder word.

Dit kom na die onlangse vlaag van herhalende langdurige krag- en substasie-onderbrekings wat byna sewe streke in die hoofstad beïnvloed het.

Die ANC het onlangs beweer dat hierdie onderbrekings begin kop uitsteek net nadat die vorige DA-burgemeester Cilliers Brink uit die kussings gelug is. Die party bestempel die onderbrekings as “georkestreer” en ’n poging om die nuwe Tshwane-koalisie te saboteer.

Die ANC se streeksekretaris George Matjila beweer dat hierdie onderbrekings ’n kwaadwillige

Lees ook: Metro beoog kragonderbreking ingryping te midde van sabotasie-bewerings

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button