Local sportSchool sportSport

Paralimpiese atleet van Garsfontein verbeter Afrika rekord

Verskeie atlete van Hoërskool Garsfontein het onlangs by die Grand Prix-atletiekbyeenkoms van Atletiek SA in Germiston hul stem behoorlik dik gemaak tussen die senior atlete en die Garsies se internasionale Paralimpiese ster het selfs ’n Afrika rekord laat spat.

Simoné Kruger, paralimpiese atleet van Hoërskool Garsfontein, het by die onlangse Grand Prix-atletiekbyeenkoms van Atletiek SA in Germiston  die paralimpiese Afrika-rekord in die diskus vir vroue (F38) met ’n poging van 34.74 meter verbeter.

Weens ’n beroerte wat Kruger gehad het tydens geboorte, het sy ’n vorm van serebrale verlamming aan die een kant van haar liggaam opgedoen. Dit beteken basies dat die spier-geheue aan die regterkant van haar liggaam verlore gegaan het in die proses.

Hierdie toestand plaas haar in die F38 kategorie as paralimpiese  atleet.

Kruger het Suid-Afrika verlede jaar reeds by die Paralimpiese Spele verteenwoordig in beide die diskus en gewigstoot items.

— Nog ’n Garise atleet, die hoogspringer, Mia Janse van Rensburg, het ook aan die senior-byeenkoms deelgeneem en ’n tweede plek met ‘n sprong van 1.75m behaal. Dit plaas haar vyfde op die wêreldranglys vir meisies o.18.

Die 15-jarige Janse van Rensburg wat al vanjaar tydens ’n skole-byeenkoms op 1.76m oor die dwarslat geseil het, is tans tweede op die ranglys vir senior Suid-Afrikaanse vroue in dié nommer.

— ’n Derder atleet van Garsfontein, die baanatleet, Chane Kok, het ook aan die byeenkoms deelgeneem en ’n vierde plek in die 100m-hekkies in ’n tyd van 14.14 sekondes behaal.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button