Die Wilgers maak skoonskip, kwalifiseer vir Stadsbeker eindstryde met al hul spanne
Hoërskool Die Wilgers se eerstespan het vir die derde jaar agtereenvolgens gekwalifiseer om in die eindstryd van die Stadsbeker toernooi vir medium skole te speel.
Hoërskool Die Wilgers se eerste rugbyspan kan eersdaags geskiedenis maak deur die Blou Bulle se Stadsbeker vir medium skole vir ’n derde jaar agtereenvolgens te wen.
Die span het die afgelope naweek in die halfeindstryd van die Stadsbeker toernooi met Curro Hazeldean afgereken (eindtelling 37-27) om vir die eindstryd te kwalifiseer.
Die skool se rugbyprestasie het egter nie by die eerstespan gestop nie. Trouens, al vier die top spanne (eerstes klop Curro Hazeldean; o.16A klop Curro Hazeldean; o.15A klop Hoërskool Erasmus; en o.14A klop Curro Hazeldean) het vir die eindstryd gekwalifiseer.
Die Wilgers se tweedespan het ook vooraf reeds direk vir die eindstryd gekwalifiseer. Op die foto is aksie uit Saterdag se halfeindstryd tussen Die Wilgers se eerstes en hul eweknie van Curro Hazeldean.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.


